"Seejol... bou ons Toekoms in 2023!" 

 


Tuisblad
Kursusse
Inskrywings
Kontak Ons
Fotoblad

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

"Word wakker, word wakker,

daar onner inni bakke. . ."

 

BAIE BELANGRIK: INSKRYWINGS GESKIED VANJAAR d.m.v. DIE SAS-PLATVORM

 

 

 

 

 

Seejol Seekamp vir Verkenners van Die Voortrekkers, vind jaarliks in 'n vakansie-atmosfeer te Hartenbos aan die Kaapse Suidkus plaas. Senior Matrose kan ‘n verskeidenheid van avontuurlustige kursusse op die Vaart meemaak.  Jonger Matrose leer meer oor die see, strand en alles wat daarmee saamgaan.

'n Atmosfeer van vakansie word geskep – dit is immers ‘n seekamp!

          Die jolige atmosfeer van die Vaart sorg dat Matrose jaar na jaar terugkeer vir nuwe uitdagings en herinneringe.

 

Kampinligting is beskikbaar in Die Deining, Die Vaart se kamp- en inligtingsbrief. Laai Die Deining af onder "Inskrywings" of deur hier  te klik.

 

Verskeie kursusse word aangebied vir Matrose (Verkenners) vanaf Graad 8 tot Graad 12, wat hoofsaaklik met aktiwiteite rondom die see en seelewe te doen het.

'n Kursus vir volwassenes word ook aangebied in die vorm van 'n Spesialisasie by name: Seekunde (Dekhande).  Volwassenes doen daarna diens as Diensoffisiere of by Steundienste.

 

Kom vaar vanjaar saam en word deel van 'n

"Aksiebelaaide Vaart" waar elkeen spesiaal is!

- Skeepslog -

- 2023 -

 

Kampdatums:

 

Vrydag 23 Junie 2023

 tot

Sondag 2 Julie 2023

 

Kampkostes (2023):

 

 Matrose:

 

     Alle Matrose:   R2950

    

   

  

 Offisiere:

   

     Alle Offisiere:  R1150

     Kombuis:          R500

 

 Offisiere in opleiding:

 

     Dekhande:       R1150

  

   

INSKRYWINGS vir 2024 nou oop! 

 

Klik Hier

vir

Inskrywings

 

  

Hierdie webblad was 05/04/2024 opgedateer